ProMedCare provides personal and professional home-based care services in the Northern and Southern Suburbs of Cape Town, as well as the Atlantic Seaboard.

About ProMedCare

ProMedCare is a company headed by professionals that have the sole purpose of providing home care of the highest quality to clients currently residing in the Northern and Southern suburbs of Cape Town and the Atlantic Seaboard.

Our Services

Home Care

We assist clients so that they can remain in the comfort of their own homes, surrounded by loved ones and familiar surroundings.
Our home care services are conducted by trained, experienced and passionate caregivers/nurses and supervised by professionals according to agreed protocols. Home care services are provided to non-mobile clients; people recovering from surgery; elderly clients; people in need of physical and emotional support; children with special needs; and people living with chronic diseases.

Sadie-gesin, Pattekloof-Glen (2023)

Baie dankie vir jul gawe en professionele diens toe ons dit dringend nodig gehad het. Die versorger was betroubaar en elke keer op haar pos. Sy het ma goed versorg.
Ons kan ProMedCare beslis aanbeveel.
Beste wense

Greybe gesin - Protea Valley

Promedcare is ons familiekeuse vanaf 2018. Dit het aanvanklik as ondersteuningsdiens begin en het uitgebrei tot n volle versorgingsdiens. Promedcare maak dit moontlik dat ons liefma in haar bekende en geliefde omgewing kan bly en leef.
Die effektiwiteit van die diens sluit uitstekende kommunikasie, betroubaarheid en hulp op kort kennisgewing, in. Die versorger bestuur die medikasie met deeglikheid en haar bereidwilligheid om met take te help is fantasties.Sy gee ook terugvoer oor ons Ma se daaglikse behoeftes en hanteer druk-situasies met kalmte.

Ek is tans in Ierland en dit is gerusstellend om te weet dat ons Ma, in SA, goed versorg word. As ons iets nodig het, sal Promedcare help.

PRO-MED-CARE WAS ALLES WAARVOOR ONS KON VRA

Wat ek hieronder skryf, kom uit my hart uit.
My naam is Wim van der Berg, en dié van my vrou Alida. Sy het haar gesondheid, en in vele opsigte dalk ook haar lewe, te danke aan die goeie nasorg wat sy van Promedcare se personeel ontvang het. Alida ly aan Kroniese Obstruktiewe Pulmonêre Siekte (COPD in Engels). Dis ʼn mengsel van emfiseem en kroniese bronchitis wat op baie jare se rook gevolg het. Sy het tans net 25% gebruik van haar longe. Alida het vanaf 14 November 2021 ʼn volle drie maande in die hospitaal deurgebring nadat sy weens akute asemnood per nooddiens na Netcare Kuilsivier-hospitaal geneem is. Daar was sy sowat vyf weke lank op ʼn ventilator waarvan die eerste sowat drie weke onder volle sedasie was. Daarna is sy oorgeplaas na Intercare in Tygerberg, wat ʼn soort aanpassingshospitaal is. Sy kon aanvanklik glad nie loop nie, want die lank lê het haar grootliks die gebruik van haar bene ontneem. Maar sy het met ʼn loopraam stadigaan aan die gang gekom en sy loop tans met ʼn loopwaentjie (rollator) of kierie. Ons het na PRO-MED-CARE oorgeslaan sowat agt weke nadat sy tuisgekom het omdat ons nie met die vorige versorgingsopset tevrede was nie. Dit was ʼn radikale verandering. Ek kon reeds met my eerste kontak en die bespreking van ons probleem met hul bestuur agterkom dat PRO-MED-CARE presies was wat ons gesoek het. Vir die volgende vyf maande het ons van hul dienste gebruik gemaak, met ʼn rooster waarvolgens die versorgers elke drie, vier dae geroteer is. Dit was merendeels dieselfde mense wat op ʼn aflosbasis by ons aan’t huis gewerk en elkeen tot die einde van hul betrokke skof by ons geslaap het. Die versorgers het benewens die versorging van Alida, wat bad/stort en aantrek ingesluit het, met haar om die tafel gestap toe sy nog “leer” loop het en later ook met inkopies, haar ander oefeninkies laat doen en twee maal daagliks haar bloeddruk en suurstofvlak gemeet. Alles is aangeteken.
ʼn Belangrike taak was om toe te sien dat die regte medikasie daagliks geneem word. Wanneer Alida haar spesialiste moes besoek, het hulle haar ook met die rystoel bygestaan en waar nodig ondersteun. Hulle het ook hulle deel met kosmaak gedoen en die slaapkamer netjies gehou. Wanneer hulle nie benodig is nie, het hulle óf in hulle kamer gelê en lees, óf saam TV gekyk, en dies meer. Soos Alida se gesondheid verbeter het, het ons die versorger net vir sekere dae in die week gebruik. Belangrik was dat die versorgers by Alida ʼn positiwiteit geskep het wat haar selfvertroue laat toeneem het.
EK KAN PRO-MED-CARE MET GROOT VRYMOEDIGHEID EN DANKBAARHEID AANBEVEEL.

Welverdiend Kliënt

” Hallo Tania, Ek wil graag vir jou, vir Pro-Med-Care en ook die twee engele van versorgers wat so mooi en getrou na Ouma omsien, van harte bedank vir alles wat julle vir Ouma doen en beteken. Baie dankie dat julle telkens die ekstra myl saam met ons en Ouma stap en dat jy nog elke keer met ‘n krisis situasie, op baie kort kennisgewing, die nodige reëlings en aanpassings baie vinnig en effektief getref het om te verseker dat Ouma die nodige en beste versorging so spoedig en doeltreffend as moontlik kon kry wat haar situasie en behoeftes ten volle ondersteun. Ons en Ouma is baie tevrede, gelukkig en dankbaar dat julle hierdie ‘journey’ saam met ons stap en dankie dat jy so sorgvuldig die regte twee versorgers gekies het om by Ouma se persoonlikheid en persoonlike behoeftes te pas. Ons waardeer julle almal so ontsettend baie! Julle stel werklik die pasiënt se behoeftes en belang as eerste prioriteit en dit is ook altyd lekker om met jou kontak te hê. Ons het sonder uitsondering ‘n baie positiewe ervaring met Pro-Med-Care en hul personeel. Baie dankie daarvoor! Baie seën “

Thornton Client

” Dear Naomi I believe that God knew best when you came to look after Mom. Maybe Tania did as well!! You gave her the best quality of life with all your interesting things you were doing. I know Mom used to check with you what had been going on in the morning. The cooking and baking and sewing!! You made her world interesting. Thank you for the caring and loving her as well. Mom was always well looked after and the apartment clean. You will always have a very special place in our hearts!! Please remember that!! I pray that God will be with you as you make the adjustment of starting with a new patient. I will stop now before we all cry!! We love you!! “

Van Riebeeckshof, Bellville Client

” Thank you to everyone at Pro-Med-Care. Their carers took great care of my mom by keeping her company, talking to her, motivating her, respecting her dignity, and seeing to her needs. The office organization was fantastic, and the responses were swift. Thank you for your support, humanity, and caring approach. ” Stephan

Welverdiend Kliënt

” Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om my dank en waardering uit te spreek teenoor jou en jou span by ProMedCare. Niks is vir julle te veel moeite nie. Die versorgers met wie ons saamwerk, is netjies, goed gemanierd en baie hulpvaardig. Hulle is ook altyd op tyd en baie liefdevol teenoor ons ma. Hulle is vriendelik en hulpvaardig teenoor ons ook. Hulle gee gereeld vir ons terugvoer en hou ons op hoogte van Mamma se vordering en algemene gesondheid. Hulle sal self inisiatief neem en ons betyds inlig as iets vir hulle anders voel as normaal. Wanneer ons ‘n noodgeval het, spring jy in en help, al is dit na-ure en as ons ‘n uitdaging aan jou noem, sorteer jy dit onmiddelik uit en gee aan ons terugvoering. Andrieka en Annelize voel al vir ons soos familie en ons glo en vertrou ons gaan nog ‘n baie lang pad saam met hulle en julle stap. Mag God se seën altyd oor julle wees. Baie dankie vir die druk wat julle van ons afhaal. Liefde, Groete “

Durbanville Kliënt

“Vir die afgelope 3 jaar het ons van Pro-Med-Care se dienste gebruik gemaak vir die versorging van my man.Hul diens was en is steeds puik. Ek kan hul met vrymoedigheid aanbeveel. Die versorgers is almal goed opgelei en versorg my man met liefde, deernis en respek.n Spesiale woord van dank aan Tania Goosen wat met toewyding alles reel en organiseer. Baie dankie. Elsje Steyn en gesin”

Oude Westhof Kliënt

“Ons is baie tevrede en bedank Pro-Med-Care vir hul goeie diens. Ons Vader is skielik oorlede en ons moes ons Moeder na n Aftree oord skuif. Sy wou glad nie alleen wees nie en daar het die Pro-Med-Care versorgers ingetree. Pro-Med-Care het uit hul pad gegaan om die regte persoonlikhede by mekaar te plaas. As daar probleme opduik met versorgers wat nie langer kan uithelp nie, het Pro-Med-Care altyd vinnig n oplossing gehad. Baie Dankie vir die Versorging van ons Moeder. Pro-Med-Care sal ons beslis aanbeveel as die keuse van versorging vir bejaardes in hul eie woning.” Roering gesin

Camps Bay Client

“ProMedCare was very responsive when I inquired about home-based care for my father who was recovering from bypass surgery. They were thorough in their assessment of his medical requirements and personal needs. I found the cost of the service to be very reasonable. They placed a considerate, experienced nurse to care for him and he was very satisfied with the care provided. I would definitely use ProMedCare’s services again.”

Mr Strydom, Boston, Bellville

“Baie dankie vir die puik diens en versorging van ons pappa.”

Mrs Prinsloo, Sonstraal Heights, Durbanville

“Our need for a carer started over the festive season in 2017. ProMedCare assisted and provided us with a carer. When the first carer left they immediately replaced her with another competent, caring, tolerant, reliable and trustworthy carer.”

Mr and Mrs Schoeman, Welgevonden, Graanendal, Durvanville

“Gedurende 2017 en 2018 moes ek noodgedwonge van tuisversorgingdienste gebruikmaak. Ek het ProMedCare opgespoor op die Internet en na ek hulle gekontak het, besluit dat hulle my situasie die beste sou kon aanspreek met die dienste wat benodig was. Ons ervaring was dat die diens en ondersteuning onverbeterlik was. Hul personeel is bekwaam, vriendelik en professioneel en het ons in staat gestel om moeilike situasies te kon oorbrug, Sou dit weer nodig wees om van soortgelyke dienste gebruik te maak, sal ProMedCare beslis my Eerste keuse wees.”

Get in touch for more details